Olimpiese Winterspele 2014

XXIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2014

Gehou in Sotsji, Rusland
Deelnemende lande 88
Deelnemende atlete 2 781 (1 660 mans, 1 121 vroue)[1]
Items 98 in 7 sporte
Openingseremonie 7 Februarie 2014
Sluitingseremonie 23 Februarie 2014
Amptelik geopen deur President Wladimir Poetin
Atlete-eed Ruslan Zakharof
Beampte-eed Wyacheslaf Wedenin
Olimpiese vlam Wladislaf Tretiak en Irina Rodnina
Vorige Spele 2010: Vancouver (Kanada)
Volgende Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)

Die Olimpiese Winterspele 2014 (Russies: XXII Олимпийские зимние игры, tr. XXII Olimpiyskiye zimniye igry), amptelik bekend as die XXIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 7 en 23 Februarie 2014 in Sotsji, Rusland, aangebied. Die Spele is op die IOK-vergadering van 4 Julie 2007 in Guatemala-stad aan Rusland toegeken.

'n Uitsig oor Sotsji se Olimpiese park met die Kaukasus op die agtergrond

Dit was die eerste keer dat Olimpiese Spele in Rusland aangebied is (die Sowjetunie het die Somerspele van 1980 aangebied). Die onsuksesvolle stede wat hiervoor aansoek gedoen het was Salzburg (Oostenryk) en Pyeongchang (Suid-Korea).

Tydens die Spele is daar in 98 items oor 7 Olimpiese sportsoorte in 15 dissiplines meegeding. Dit maak van die Spele die grootstes in die geskiedenis.[2] Suid-Afrika het nie aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem nie.

Die Paralimpiese Winterspele 2014 is tussen 7 en 16 Maart in Sotsji gehou.

  1. "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 21 Januarie 2018.
  2. (nl) "Sporten op de Olympische Winterspelen van 2014". Winterspelen.nu. Besoek op 10 Desember 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search